
=====================================================================
Onthou om nie te vergeet nie (AV 7:2)
=====================================================================

Inhoudsoorsig

Onthou om nie te vergeet nie

---------------------------------------------------------------------
Deur S.P. Benjamin

JARE lank het die stuk grond aan die linkerflank van die R300  net voor jy afdraai na Eersterivier  in son en weergel en wag vir die 
skopgrawe en slootgrawers om sy hart om te dol. 'n Barre stuk grond wat soms na 'n hewige bui ren nie genoeg are in sy sisteem kon vind om 
dit volkome te dreineer nie, dog altyd genoeg stof en sand tussen sy gras- en onkruidkleed kon vind om enige wind trots aan te doen. 
Akkedis en muis se kind het ook met reg soos bloubloed ridders hul lewenstryd onverskrokke daar in die grasse voortgesit.

Toe daag die skopgrawe en geel masjiene op. Soos besoekers uit die buitenste ruim het die geel masjiene vertoon wat di dor stuk aarde aan 
't gelyk maak was, wanneer jy vroegaand aan 't verbysnel was na 'n dag se sweet. Asof hulle klaar mt wees die dag wanneer 'n vreemde 
vliende voorwerp uit die donkerte sou neerdaal en sy vrag neerlaat.

Aaklige teerpale is in pynlik uitgemete gate staangemaak, kompleet asof hulle die stutpenne sou vorm van die seile wat gespan sou word om 
die spulletjie te dek, van die buitewreld te skerm. Meter vir meter word die onooglike swart telefoonverbindings bo-aan die pale 
aangebring. Hierdie eiland langs die R300 sal nooit meer net die speelplek wees van sielsgelukkige streepmuise en bakrugakkedisse nie. 'n 
Nuwe ras soogdier het op die drumpel gewag om hulle die stryd aan te s.

Paaie word uitgemeet en aangel. Kort en knap, stoptekens aangebring. Nou nog net die hokkies oprig en dan kan die nuwe geslag 
uitgeworpenes maar kom. En kom sal hulle kom; hulle het nie 'n ander keuse nie!

Wesbank. Soos 'n stel wat deur 'n filmmaker gebou word waar sy nuwe "sprokie" gaan afspeel, so vinnig gebeur alles daarna. Elke nuwe mre 
sien jy dat ses tot sewe van die hokkies ook intussen hul staan in die stof gekry het. Vanaand as jy weer daarlangs terugreis, kan jy jou 
o nie glo nie: 'n bykomende stel van vyf hokkies het in die loop van die dag uit die stof verrys. En die eerste groepe "aliens" het reeds 
van alle oorde af begin saamtrop na "die nuwe paradysie".

Ja, lag die nuwe intrekkers terwyl hulle soggens bekers koffie voor die deur afsluk, ons het nie 'n ander keuse nie. Hulle gooi ons nou 
hier in die vlaktes, ver weg van ons families en vriende, maar wat kan ons doen? Ons trek hierheen om vergeet te word deur ons familie en 
vriende, maar ons sal nooit kan vergeet nie. Soos 'n klomp boggelrug rotte woon ons nou hier in die veld en vlakte. In hokkies wat ander 
mense in hul agterplase oprig om duiwe aan te hou. Ja, so klein is die een-ingang-plekkies.

Met wind en stof in hul gesigte probeer hulle uitgepraat raak oor hul lot. Hulle drink swart koffie en rook los sigarette om die dag om te 
kry. Nee, spot hulle, die plekkies is so klein dat 'n besem nie eens behoorlik tussen die mure kan inpas nie. En al wat vullis is, moet by 
die voordeur uitgevee word. Vier ve en die huis is skoon; al die vullis voor die deur.

Hulle vertel dat die katte en honde wat hulle aanhou, al so verveeld en moedeloos is dat hulle op 'n streep selfmoord pleeg deur voor die 
aankomende verkeer op die R300 in te storm. Die erwe is so klein dat die honde gedurig met hul snorbaarde teen die muur moet loop en skuur. 
Dit, s hulle, is die enigste manier hoe die arme diere kan sorg dat hulle nie op 'n ander se erf oortree nie. En om die honde vas te maak, 
kan jy nie waag nie, want voor jy jou kom kry, hol die hond met huis en fondasie by die voorhek uit.

Maar as hulle weer ernstig begin raak, kan jy sien hoedat daar 'n gordyn agter hul o sak wanneer hulle praat oor hul "alienskap". Ons is 
hierheen gestuur om vergeet te word, maar ons sal nooit vergeet nie. Wat in die Mannenberg gebeur het, het ons net weer laat onthou om nie 
te vergeet nie.

Maar dis nie die ergste nie, s hulle: Ons kinders en familie vrek soos 'n klomp slagdiere hier op die R300. En dit, s hulle, is maar net 
een van die redes waarom hulle hierheen gestuur is. In vreemde gronde moet ons hul stukkende liggame bre en van hulle probeer vergeet.

Maar ons sal nooit vergeet om te onthou nie! Nie solank daar nog krag in ons lywe oor is om asem te haal nie, meneer! S.P. Benjamin se 
debuutroman was Die reuk van steenkool. Die lewe is 'n halwe roman, sy eerste kortverhaalbundel  met 'n plakkerskamp as tema  het onlangs 
verskyn en ontvang gunstige resensies.

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av7227.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999, 2000       Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- April 2000 /// Gee kans! Afrikaans se saak groei wreldwyd (AV 7:2) /// 
Trust het miljoene geskenk (AV 7:2) /// Kursus in Afrikaans (AV 7:2) /// Limeriek I (AV 7:2) /// 'Kom ons lees en laat lees' (AV 7:2) /// 
Limeriek II (AV 7:2) /// Vroeg in nuwe eeu (hoofartikel) (AV 7:2) /// In memoriam Ds. Flip van der Westhuizen (AV 7:2) /// Sebrastrepe s 
hul s vir Afrikaans (AV 7:2) /// Oor Afrikaans klap woord en weerwoord (AV 7:2) /// Tyd van liefh het aangebreek (AV 7:2) /// Man met 
swart baret se woorde rinkink (AV 7:2) /// 'Losing my religion' (AV 7:2) /// Taalslordigheid berokken skade (AV 7:2) /// Limeriek III (AV 
7:2) /// 'Etse! Tjeend gaan met grrawater uit!' (AV 7:2) /// Dans uit vergange se dae (AV 7:2) /// Nergensland (AV 7:2) /// Nag vol 
feeste! (AV 7:2) /// Duitser berig in Afrikaans uit Europa (AV 7:2) /// Staande ovasie vir Afrikaans (AV 7:2) /// Duitse toewyding 
toegespits op Afrikaans (AV 7:2) /// Ambassade reik kosbare CD uit (AV 7:2) /// 'Bubbelbad' borrel (AV 7:2) /// Waar's daai gogga? (AV 7:2) 
/// Wind van voor is niks nuuts nie (AV 7:2) /// Afrikaans en die jeug (AV 7:2) /// Hoe praat jy met tieners? (AV 7:2) /// Onthou om nie te 
vergeet nie (AV 7:2)

